Pienaarsbaken Farm Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pienaarsbaken Farm Cottages is aan die voet van die Lootsbergpas tussen Graaff-Reinet en Middelburg in die Oos-Kaap geleë. Ons is 56 km vanaf Graaf-Reinet, 40 km vanaf Nieu-Bethesda en 60 km vanaf Middelburg.

Die akkommodasie bestaan uit 2 selfsorg-eenhede met lieflike uitsigte oor die tuin.

Eenheid 1 front na die tuin en beskik oor 'n buitebraai-area, 2 slaapkamers, 1 dubbelbed (met stort), 2 enkelbeddens, privaat badkamer (met bad) en kombuisie.

Eenheid 2 het 2 slaapkamers met dubbelbeddens en 2 enkelbeddens en daar is ook 'n slaapbank. Die eenheid het 'n privaat badkamer met 'n stort, asook 'n binnebraai. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met 'n stofie, mikrogolfoond, yskas, pan en koffie- en teemaakgeriewe in elke eenheid.

Gaste kan gerus hul eie verversings bring en braaigeriewe is beskikbaar sodat gaste lekker onder die Karoo-sterrehemel kan ontspan. Gaste kan lekker langs die swembad of in die skaduryke tuin ontspan. Troeteldiere is welkom indien vooraf gereël.

Pienaarsbaken Farm Cottages is deel van die Mountain Zebra-Camdeboo Bewarea en bied gaste die geleentheid om 'n lekker ontspanne leefstyl te ervaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pienaarsbaken Farm Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za