Piet-My-Vrou
- Kapasiteit: 35 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kareebosch Plaas, Langs die N1, Polokwane, 0700, Limpopo
- Vanaf R300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Piet-My-Vrou is 16 km vanaf Polokwane geleë en bied kampeergeriewe vir groot en klein groepe gaste.
Die Njala Kamp het 'n ablusieblok met 'n stort, bad en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte stort en toilet. Opwasgeriewe is ook beskikbaar en etes kan by die etenstafel geniet word. Die kampeerplek het ook 'n vuurput en 'n swembad om lekker af te koel.
Die kampterrein beskik oor elektrisiteit en warm water word deur 'n donkie voorsien. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Die Waterbok Kamp is geskik vir 15 gaste en het ablusiegeriewe met 'n stort, aparte toilet, vuurput en 'n gasgeiser. Daar is ook elektrisiteit beskikbaar.
Gaste kan hulle eie bergfietse saambring, gaan stap en hul oë oophou vir die wild op die plaas. Daar is kameelperde, waterbokke, gemsbokke, bosbokke, blouwildebeeste en verskeie voëlspesies.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Mardien Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Kareebosch Plaas, Langs die N1, Polokwane, 0700, Limpopo
- Gaste dink Piet-My-Vrou het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 35 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kareebosch Plaas, Langs die N1, Polokwane, 0700, Limpopo