Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pinnaquin Holiday Apartments

  • Kapasiteit: 66 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leadwood-straat 2, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Pinnaquin Holiday Apartments is in Jeffreysbaai geleë, halfpad tussen die groot Gamtoos- en Kromme-riviere. Jeffreysbaai staan onder die plaaslike inwoners bekend as "J-bay" en is 'n plek van rus en vrede en die perfekte brander. Dit is oor die wêreld bekend as 'n top-bestemming vir veilige swem- en branderplankry-toestande. Die selfsorgwoonstelle is stapafstand van die strand, geriefswinkels en die Jeffreysbaai Spar af.

Elke selfsorgwoonstel bied 'n uitstekende see-uitsig en is volledig gemeubileer. Slaapkamers het ingeboude kaste om jou verblyf so gerieflik moontlik te maak. Elke eenheid bestaan uit 'n hoofslaapkamer met 'n en suite-badkamer, 'n tweede kamer en tweede badkamer, en 'n kombuis wat toegerus is met 'n vierplaatstoof en oond, mikrogolf, dubbeldeur-yskas-vrieskas, ketel en broodrooster. Elke woonstel het ook 'n TV met 'n afstandbeheer, M-Net en DStv se hotelpakket, en sy eie privaat stoep met braaigeriewe.

Die eenhede word daagliks skoongemaak en onderdakparkeerplek vir motors én sleepwaentjies is beskikbaar. Linne word voorsien, maar nie strandhanddoeke nie. Daar is 'n wassery op die perseel wat gaste mag gebruik.

Let asseblief daarop dat troeteldiere nie toegelaat word nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 17 resensies vir Pinnaquin Holiday Apartments
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Leadwood-straat 2, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Pinnaquin Holiday Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 66 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leadwood-straat 2, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDIyY2ZhMTY3LTMyM2EtNDZhMC05YmM1LWZiZDNjYTlhYWJmOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 5) 17 5 1 5 2 Leadwood Street Jeffreys Bay 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.034400980998 24.928433559525