Plan B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Plan B is 'n selfsorg-vakansiehuis op 'n heuwel in Morgansbaai en bied lieflike uitsigte oor die strandmeer. Morgansbaai is minder as 100 km van Oos-Londen af en dit is aan Suid-Afrika se pragtige Wildekus geleë en spog met 'n lang strand, 'n veilige strandmeer waarin 'n mens kan swem en prentjiemooi seekranse.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie slaapkamers deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het.

Die ruim oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, breekware en eetgerei. Die ruim oopplan-leefarea het 'n sitkamer en 'n etenstafel met bankies wat sitplek aan 10 gaste bied. Die leefkamer lei na 'n beskutte dek met braaigeriewe. Daar is 'n toesluitmotorhuis vir 1 voertuig beskikbaar.

Alle bedlinne en kombuislappies word voorsien. Ons voorsien egter nie braaihout, skoonmaakdienste, bad- en strandhanddoeke nie. Skoonmaakdienste kan slegs teen ekstra koste gereël word.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Plan B sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Plan B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za