Plett Upper Main Beach House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Glenniferstraat 5, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R4 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Plett Upper Main Beach House is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Plettenbergbaai. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n groot groep vriende of 'n familie aangesien hierdie eiendom spog met pragtige uitsigte oor die Indiese Oseaan, die Keurboomsrivier en die Outeniekwaberge.
Dié dubbelverdieping-eiendom bied slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers asook 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en het 'n en suite-stort. Die oorblywende 2 slaapkamers het elk 2 dubbelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, Nespresso-masjien, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Langs die kombuis is 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die knus sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met DStv en Netflix. Toegang tot gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar.
Deur die skuifdeure is 'n lieflike patio met gemaklike buitemeubels en 'n ingeboude braai wat die perfekte plek is vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl jy die uitsigte bewonder. Tydens beurtkrag het die eiendom 'n rugsteun-omskakelaar wat 'n paar dinge vir 4 uur aan die gang sal hou. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Glenniferstraat 5, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Glenniferstraat 5, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang