Pongola Country Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pongola Country Lodge is geleë op die hoofroete (N2) tussen Swaziland, Mpumalanga en die noorde van KwaZulu-Natal.

Dié lodge is goed geleë om te dien as 'n toegangspoort tot die Kingfisher-roete. Wildreservate, -parke en Sodwana Nasionale Park en St Lucia is alles binne 'n 100 km-radius van ons af.

By Pongola Country Lodge word waarde vir geld, gehalte geriewe en uitstekende diens soomloos vervleg.

Pongola bied 67 luukse, ruim, en suite-slaapkamers wat almal individueel- en stylvol versier is. Elke kamer is toegerus met lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n moderne telefoonstelsel.

Ons maak ook voorsiening vir sake-afgevaardigdes met ons 3 goed toegeruste konferensiekamers en VIP-raadsaal. Die rustige, goed onderhoude perseel en elegante funksie-lokale maak Pongola die ideale plek vir spesiale geleenthede, troues en vieringe van enige soort.

J's Restaurant het 'n heerlike á la carte-spyskaart 7 dae per week. Elke derde Sondag word 'n gewilde middagete vir pensioenarisse hier voorgesit: almal is welkom, maar pensioenarisse kry afslag. Die lodge het ook 'n lieflike, knus sitkamer en dameskroeg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pongola Country Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za