Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Porcupine Walk

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Cruywagenweg 8, Winford, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Porcupine Walk is 'n pragtige, privaat selfsorg-suite in ’n stil doodloopstraat, 2 km vanaf Simonstad se middestad geleë, op pad na Kaappunt.

Die eenheid is op die grondvloer van die eienaar se dubbelverdiepinghuis en dit het 'n aparte ingang. Die oopplan-eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Die kombuisie het 'n yskassie, ketel, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is skuifdeure wat toegang tot 'n privaat patio bied. Daar is ander geriewe soos gratis WiFi, volledige DStv, digte gordyne, ingeboude kaste, 'n muurverwarmer en ekstra komberse vir wintermaande. Daar is veilige parkeerplek op die perseel met 'n afstandbeheerde hek.

Porcupine Walk is ’n paar minute se stap na die wêreldberoemde Afrika pikkewyn-kolonie by Boulders-strand, asook die pragtige klein baaitjies en strande wat veilig is om in te swem.

Frank's Bay, Windmill en die Fisherman strande is op ons drumpel. Walvisse is ook vanaf ons verblyf te sien gedurende walvisseisoen. Neem 'n 20 minute rit verby die ondeunde bobbejane na Kaappunt Natuurreservaat en die punt van Afrika, waar die Indiese en Atlantiese Oseane bymekaar kom.

Die jarelange assosiasie tussen die Britse en Suid-Afrikaanse vlote het aan Simonstad sy unieke karakter toegeken. Daar is verskeie historiese geboue en interessanthede te sien in dié oulike kusdorpie.

Besienswaardighede naby sluit Miller's Point, Seal-eiland, die Suid-Afrikaanse Vlootmuseum, Simonstad Museum, Volstruisplaas, Top Stones Mineral Word, Imhoff Farm Village en Noordhoek Farm Village, asook verskeie restaurante, koffiewinkels en vele winkeltjies in. Daar is ook kuriowinkels, antiekwinkeltjies en ’n Afrika-mark op Jubilee Square.

Die Kaapse Wynlande is slegs ’n skilderagtige rit ver. Stellenbosch, Franschhoek en Paarl is wêreldbekend vir hul wyn en wynplase. Cape Point Vineyards is on eie spesiale wynmakery, slegs 20 minute se ry van ons af.

Ons beskik oor inligtingsbrosjures wat gaste kan gebruik, wat lyste van die besienswaardighede en doendinge in die area, van fietsry en voetslaan tot snorkel en skubaduik.

Slaapplek

’n Bespreking by Porcupine Walk sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Klein kombuis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 10 resensies vir Porcupine Walk
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Beverley Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Jaar gelys 6

Ligging

  • Cruywagenweg 8, Winford, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Porcupine Walk het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Cruywagenweg 8, Winford, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxIb5lSYrot9B9hSlTF31Cy9IrZXzkHBpPWH96eGt2SlFcO2GrI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 8 Cruywagen Road Winford 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 11:00 -34.202832929921 18.454865991402
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem