Potato Patch Self-catering Cottage
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oakstraat 35, Greyton, 7233, Wes-Kaap
- Vanaf R2 600 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Potato Patch Self-catering Cottage is 'n veelsydige grasdakkothuis wat net 5 minute se stap vanaf die middedorp is. Die eiendom het 2 kothuise wat albei hul eie privaat ruimtes het wat nie met mekaar inmeng nie. 'n Gedeelte van Potato Patch is 'n oorspronklike plaashuis met tipiese rietplafonne, kleiteëls en dik mure. Ons verblyf bied kontemporêre plaas-gemak met 'n tikkie geskiedenis.
Die vakansiehuis is afgesonder, het 'n privaat ingang, en gaste kan sommer vinnig-vinnig hier ontspan. Dit het ook 'n nuwe vuurput sodat gaste saans onder die skouspelagtige Greyton-hemel kan kuier.
Die kothuis bied slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en daar is 2 en suite-badkamers met 'n bad en 'n stort. Die derde badkamer het slegs 'n stort.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorgverblyf en beskik oor 'n skottelgoedwasser, mikrogolf, stoof, oond en 'n yskas-vrieskas. Die eetarea het 'n etenstafel met stoele vir 6 gaste. Die knus sitkamer het gemaklike leerbanke. Daar is ook 'n smeulstofie, asook 'n swembad waarin gaste kan afkoel. Gaste het ook toegang tot braaigeriewe.
Hierdie plattelandse toevlugsoord is ideaal vir 'n gesin wat 'n ontspannende wegbreek wil hê. Oorgenoeg parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Karin Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Oakstraat 35, Greyton, 7233, Wes-Kaap
- Gaste dink Potato Patch Self-catering Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oakstraat 35, Greyton, 7233, Wes-Kaap