Premier Hotel Cape Town

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Premier Hotel Cape Town is 'n klipgooi vanaf Kaapstad se bekende Seepunt-promenade en bied sakpas en stylvolle akkommodasie aan die stad se Atlantiese kus.

Die hotel het 130 kamers waarvan 85 Standaardkamers, 17 "Deluxe"-kamers, 12 Suites en 16 Gesinskamers is. Al die kamers is elegant versier en het hul eie en suite-badkamers. Die meeste van die kamers het uitsigte oor Tafelberg, Seinheuwel of die Atlantiese Oseaan en WiFi is regdeur die hotel beskikbaar as 'n toegevoegde ekstra. Daar is geriewe soos lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kluis en tee- en koffiemaakgeriewe in die kamers.

Die hotel se Promenade Restaurant is daagliks oop en sit 'n reeks smullekker internasionale disse voor wat deur Suid-Afrikaanse wyne komplementeer word. Die hotel kan tot 180 afgevaardigdes vir 'n konferensie akkommodeer in 'n teaterstyl-vertrek. Geriewe en dienste op die perseel sluit 'n groot swembad, skemerkelkiekroeg en kinderoppasdiens in.

Premier Hotel Cape Town het asemrowende see- en berg-uitsigte en is loopafstand van die Atlantiese Promenade, 'n kort entjie se ry van die parlement af, die wêreldbekende Victoria & Alfred Waterfront en verskeie ander toeristebestemmings. Dis 5 minute se ry van die Internasionale Konferensiesentrum en die middestad en 20 minute se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Blaaibord
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  24-uur Kamerbediening
  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Premier Hotel Cape Town gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 436 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za