20 gaste
5 slaapkamers
14 beddens
5 badkamers
- Slaapplek vir 20 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Kabeljou Road, Birkenhead, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Primespot is 'n reusagtige selfsorg-strandhuis reg teen die see. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n eenvoudige kuswegbreek, met asemrowende see-uitsigte.
Hierdie huis is ideaal vir groot groepe en beskik oor 9 slaapkamers en 4 badkamers, in die hoof gedeelte van die huis.
Daar is 3 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het. Nog 'n slaapkamer het 3 enkel beddens en 'n stapel bed met 2 enkel beddens. Dan is daar 2 leefareas, een met 'n dubbel bed en die ander een met 3 enkel beddens.
Daar is ook 2 kamp kotte beskikbaar vir babas.
Die huis het bad- en stortgeriewe. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die hoofhuis slaap 'n totaal van 18 mense. Die 'Agter Fleul' van die huis kan adisioneel bygehuur word teen 'n vaste bedrag.
Die ruim leefarea het 'n kombuis wat met 'n gas stoof & oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea en etenstafel. Verder is daar 'n kuierarea met 'n pooltafel, 'n veerpyltjiebord en oorgenoeg gemaklike sitplek. Daar is ook 'n binnebraaikamer met 'n eetarea, asook 'n TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n stoep met sitplek en draagbare braai griewe. Die stoep het 'n houtvuurwarmbad en gaste kan ook die uitsig geniet. Daar is ook sonpanele en 'n kragopwekker sodat gaste nie deur beurtkrag geaffekteer word nie. Dié strandhuis is ook naby Dangerpoint-vuurtoring in Kruismansbaai, net buite Gansbaai.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie
Slaapkamer
3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Bad
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Sanmarie Geverifieer
Eiendomme 30
Resensies 116
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Kabeljou Road, Birkenhead, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Primespot het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Kabeljou Road, Birkenhead, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 20 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang