Primespot by Salted Fynbos Staying
- Kapasiteit: 20 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kabeljou-weg, Birkenhead, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 20)
Beskrywing
Primespot by Salted Fynbos Staying is 'n reusagtige selfsorg-strandhuis reg teen die see. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n eenvoudige kuswegbreek, met asemrowende see-uitsigte.
Dié huis bied slaapplek aan 'n totaal van 25 gaste en
en beskik oor 8 slaapkamers en 5 badkamers. Daar is 4 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het en 2 van die slaapkamers het elk 'n tripelstapelbed. Daar is nog 'n kamer met 2 stapelbeddens, 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die laaste slaapkamer het ook 'n enkelbed. In die leefarea is 'n dubbelbed en 3 enkelslaapbanke. Daar kan matrasse en beddegoed vir ekstra gaste gereël word. Die huis het bad- en stortgeriewe. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die ruim leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea en etenstafel. Verder is daar 'n kuierarea met 'n pooltafel, 'n veerpyltjiebord en oorgenoeg gemaklike sitplek. Daar is ook 'n binnebraaikamer met 'n eetarea, asook 'n TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n stoep met sitplek en 'n draagbare braai. Die stoep het 'n houtvuurwarmbad en gaste kan ook die uitsig geniet. Daar is ook sonpanele en 'n kragopwekker sodat gaste nie deur beurtkrag geaffekteer word nie. Dié strandhuis is ook naby Dangerpoint-vuurtoring in Kruismansbaai, net buite Gansbaai.
Slaapplek
’n Bespreking by Primespot by Salted Fynbos Staying sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Sanmarie Geverifieer
Eiendomme 21
Resensies 17
Jaar gelys 2
Ligging
- Kabeljou-weg, Birkenhead, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Primespot by Salted Fynbos Staying het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Suidkus Walvisroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 20 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kabeljou-weg, Birkenhead, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom