Primi Royal

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die luukse Primi Royal is naby Kampsbaai se 'Goue Myl' op die Atlantiese Kuslyn geleë - Kaapstad se mees gesogte ligging aan die kus. Dit is slegs 100 m van die strand af met Tafelberg as majestueuse agtergrond en spog met die beste, panoramiese poskaart-uitsigte oor die baai en berge.

Die individueel gemeubileerde kamers met lugversorging het 'n klassieke styl en 'n ontspanne atmosfeer. As jy graag pragtige see-uitsigte uit jou kamer wil bewonder, beveel ons die standaardkamer met 'n see-uitsig aan. Elke individuele suite bied gaste die geleentheid om net in die kamer te ontspan en 'n fliek of DStv te kyk. Daar is ook 'n kroegie vol verversings en drankies. Verder is daar ook 'n telefoon langs jou bed, of jy kan die sakesentrum besoek om 'n e-pos te stuur of die internet te gebruik. Op koue, reënerige dae kan jy gerus langs die vuurherd met 'n glasie rooiwyn kom kuier.

Gaste word elke oggend by ontbyt verwelkom deur die uitsig oor die Atlantiese Oseaan en Leeukop. Ontbyt word daagliks in die eetarea voorgesit wat ook 'n heerlike plek is om te ontspan na 'n dag van verkenning. Daar is nie 'n restaurant op die perseel nie, maar gaste kan maaltye by die Primi Piatti-restaurant in Kampsbaai of Seepunt bestel wat by die hotel afgelewer word.

Dit maak nie saak waar in Primi Royal mens jou bevind nie, die uitsigte sal jou asem wegslaan. Die omliggende area verlei jou met menigte restaurante, kroeë en pragtige strande. Die skouspelagtige uitsigte oor die Atlantiese Oseaan maak dit een van die mees gesogte bestemmings in die Kaap.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Primi Royal gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za