Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Prinspoort Klein Karoo Stay

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 19 resensies vir Prinspoort Klein Karoo Stay
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5
Johan K - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan K
Gesin met tieners

Heerlike Karoo verblyf.

Was baie tevrede met die verblyf. Een badkamer se kraanmeganisme het losgekom.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Ons kan maar net verskoning maak indien daar probleme met die kraanmeganisme ondervind is. Dit is werklik jammer dat die gas dit nie aangemeld het gedurende hulle verblyf nie sodat ons die kans gegun kon word om dit reg te stel. Daar het wel gaste in dieselfde wooneenheid gebly na die betrokke gas se vertrek - en vir 'n langer periode - wat geen probleme met die kraanmeganisme ondervind het nie.

Prinspoort Klein Karoo Stay
Charl K - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charl K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Absoluut uitstekend.

Sien sterre.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Ons streef te alle tye om ons gaste se verblyf so genotvol as moontlik te maak en om oomblikke van louter vreugde te skep. As ons in die doel geslaag het, is ons tevrede.
Groete,
Lianda

Prinspoort Klein Karoo Stay
Obie B - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Obie B
Saam met vriende

Sielerus.

Alles waarvoor 'n mens kan vra en meer! Die gashere gaan uit hul pad om jou welkom te laat voel. Die stoep met die heerlikste onderdakbraai-area, die allerlekkerste verwelkomingsboodjie en die kamerdeure wat op die stoep oopmaak en 'n uitsig op die plaas en berge bied was ekstra pluspunte. Aandag word gegee aan die kleinste detail. Ons het deurgaans baie veilig gevoel. Die plaasgeluide was heerlik om te beleef. Ons het selfs middagete geniet by die piekniekplek. Ons sal Prinspoort beslis aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Sielerus is presies wat Prinspoort Klein Karoo Stay sy gaste wil bied. Ons is regtig bly dat jy jou verbyf so geniet het, Obie.

Prinspoort Klein Karoo Stay
Christelle S - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christelle S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker rustig, mooi uitsigte en baie netjies!

Daar is alles wat jy benodig en nog meer. Dit was regtig 'n bederf om daar te kon wees al was ons net daar vir een nag. Dit is baie netjies en soveel 'personal' touches wat dit net soveel lekkerder maak. Ek sal dit verseker vir enige iemand aanbeveel wat rustigheid soek en mooi natuur.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Dit is altyd lekker as ons gaste die huisies waardeer en die persoonlike 'touches' raaksien. Kom gerus weer en bly langer!

Prinspoort Klein Karoo Stay
Karen T - Jun 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karen T
Gesin met klein kinders

Puik verblyf. Rustige plaas atmosfeer. Stap in die veld. Aan te beveel!

Dit was ons (familie van 6 volwassenes met 2 kleinkinders) se 2de kuier op Prinspoort plaas! Weereens heerlik rustig en veilig gekuier. Als wat jy benodig, is daar. Bring net jou kos en klere en jy is gewaarborg vir 'n tydjie uit die boeke! Baie dankie aan die gasvrou vir haar vriendelikheid, asook besorgdheid oor ons rit vanaf die Paarl gedurende die 'groot reëns' van die Weskaap. Sy het selfs vir ons die padtoestande aangestuur en voorgestel watter roetes om te neem met al die paaie, passe en tonnel wat gesluit was! Ons wens julle 'n mooi jaar toe, almal op Prinspoort tot DV volgende keer! Mooi loop!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Dit was net `n plesier om julle hier te kon ontvang Karen. Altyd lekker om te hoor dat gaste hulle verblyf hier geniet het. Ek hoop die weer speel saam volgende keer.
Groete,
Lianda

Prinspoort Klein Karoo Stay
Byron K - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Byron K
Gesin met klein kinders

Baie, baie lekker.

Die plek was baie nice, veilig en skoon.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Dit is ons plesier om ons gaste se verblyf hier so ontspannend en lekker moontlik te maak. Die grootste kompliment is as ons gaste nie wil huis toe gaan nie.

Prinspoort Klein Karoo Stay
Tertia M - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tertia M
Saam met vriende

Rustig en ontspannend.

Die gasvryheid en Lianda se ekstra moeite laat jou onmiddellik tuis voel. Pragtige plek met uitstekende diens.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Dit is `n groot eer as iemand jou verblyfplek kies om `n seun se mondigwording te vier.
Baie dankie dat julle Prinspoort Klein Karoo Stay vir hierdie eer gekies het.
Dit was ons plesier om te help om dit `n baie spesiale naweek te maak.

Prinspoort Klein Karoo Stay
Van Heerden C - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Van Heerden C
Gesin met klein kinders

Klein Karoo-betowering.

Presies waarna ons op soek was vir ons gesin en honde! Lianda en Freddie se gasvryheid was besonders.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Dit was heerlik om ons besondere Klein Karoowereld met julle te deel en te kon sien hoe julle dit geniet. Ons poog hier by Prinspoort Klein Karoo Stay om elke gas se verblyf in `n besondere ervaring te omskep en dit gee ons groot vreugde as ons gaste tevrede is.

Prinspoort Klein Karoo Stay
Johan A - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan A
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekende verblyf en gasvryheid.

Die kort verblyf oor een naweek was heeltemal te min om die ware puik omgewing in uitstaande verblyf regtig te waardeer, sterk aanbeveel!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Dit gee ons groot vreugde as gaste die omgewing waarvoor ons so lief is waardeer en geniet. Kom gerus weer en bly dan langer sodat ons nog meer van ons betowerende omgewing vir julle kan wys.

Prinspoort Klein Karoo Stay
Karen T - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karen T

Pragtige verblyf en omgewing. Wil dit eintlik geheim hou.

Baie dankie Lianda en Prinspoortspan vir 'n heerlike naweek wat ons kon geniet met ons kinders en kleinseun van amper 6 maande. Ons kon rus en die vars Karoolug inasem. Die plaashuis was goed toegerus en gerieflik vir ons 6 volwassenes. 'n Prinspoort-kuier is aan te beveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Ons is opreg bly dat julle die tydjie op ons Klain Karooplaas geniet het. Kom gerus weer.

Prinspoort Klein Karoo Stay
Lize C - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lize C
Saam met vriende

Beste plek ooit.

Hierdie plek is n absolute diamant. Ons het heerlike gekuier. Dadelik welkom gevoel toe ons instap. Heerlike vars brood met kase en konfyt. Pragtige wit linne met spesiale soetigheid op die kussing. Genoeg handdoeke. Huis is gemaklik toegerus met 'n lekker skerp mes vir die kombuis. Heerlik bederf met 'n scone nog warm op 'n oggend. Badkamers is netjies en skoon. Lekker swembad om af te koel. Ons toer nogal graag gereeld rond, en ek moet sê hierdie was vir seker 'n 10/10 en die absolute bonus: ons staffie kon dit saam geniet het. Met 'n pakkie nibbles spesiaal vir haar. Soveel meer wat ek kan se. Maar julle moet bespreek om self te beleef.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Ons is so bly dat julle die verblyf hier so geniet het. Ons streef daarna om elke oomblik hier besonders te maak sodat ons gaste se ervaring van die tyd saam met ons op Prinspoort Klein Karoo Stay `n belewenis is. Ons hoop om julle binnekort weer te kan bederf. Julle was uitsonderlike gaste en dit maak saak.

Prinspoort Klein Karoo Stay
Christien G - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christien G
Gesin met tieners

Uitstekend gewees.

Rustige omgewing en pragtige huisie in gebly, alles wat benodig word was daar, geskenkies was heerlike bederf gewees, paasrolletjies en koekies baie spesiaal.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Gerhard K - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerhard K
Gesin met klein kinders

Wonderlike mense en hulle laat voel jou so tuis. Kos vir die siel.

Ons het die huis en die plaas vreeslik geniet en die kinders (albei 4 jaar oud) het heel naweek voëltjies, akkedisse en muise probeer vang. Dit was wonderlik om te sien hoe baie hulle dit geniet het. Ons grootmense het die rustigheid van die platteland en die duisende sterre wat jy in die aand kan sien net so baie geniet. Vars brood met tuisgemaakte jellies en jams wag jou in wanneer jy arriveer en as jy ooit jou siel wil laat "recharge" sal ek Prinspoort Klein Karoo Stay elke keer aanbeveel. Sien julle sommer vinnig weer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

What a pleasure to host considerate and appreciative guests. We enjoyed your stay at our magical Klein Karoo oasis just as much as you.
You will always be very welcome at Prinspoort Klein Karoo Stay. Regards, Freddie and Lianda

Prinspoort Klein Karoo Stay
Johan B - Feb 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Aan al ons verwagtinge voldoen en selfs meer!

Die ligging, standaard en gerief van die huisie ons besonder beïndruk. Alles wat ons kon benodig was daar en die detail, ekstras en in besonder die hartlike gasvryheid was uitsonderlik. Ons stoutste verwagtinge oortref en ons sal beslis terugkeer. In elke opsig die tyd en prys werd. Hartlik aan te beveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Beste Johan, dit is vir ons baie belangrik dat ons gaste welkom voel. Ons gaan dus uit ons pad om klein bederfies te voorsien wat die verblyf ekstra lekker maak. Daar is min dinge so aangenaam as wanneer gaste werklik hulle tydjie by ons geniet het.

Prinspoort Klein Karoo Stay
Erica S - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Erica S
Gesin met klein kinders

Unforgettable.

Wow. Lilian and Freddie have created the ultimate oasis in the Karoo. From the tastefully appointed cottage, to the 5* hosting, absolutely nothing can be faulted. Loved our stay and will definitely be back. Thank you, thank you, thank you.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Dear Erica, your review is currently showing and therefore we would like to take the opportunity to thank you for being the perfect guests. We will love to host you again.

Prinspoort Klein Karoo Stay
Olivia J - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Olivia J
Gesin met klein kinders

Rustige kuier met 'n great stoep en views.

Lieflik in die natuur en stilte. Klein touches soos die vars broodjie/olywe en wyn honesty bar wys die eienaar dink aan alles.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Beste Olivia, ons is so bly dat julle, jul verblyf hier geniet het en dat die akkommodasie aan julle verwagtinge voldoen het. Vir ons is gaste soos familie en julle sal altyd welkom wees by ons.

Prinspoort Klein Karoo Stay
Annelie N - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annelie N
Gesin met klein kinders

Prinspoort is 'n ware juweel in die pragtige Klein-Karoo. As jy wil wegbreek van die stadsgeraas en rus en vrede soek, is dit die plek vir jou.

Elandshuisie is baie goed toegerus met al die luukshede wat 'n mens in die stad sou verwag. Die gasvrou, Lilian, verwelkom jou met ware plattelandse gasvryheid en gaan uit haar pad om jou gemaklik te laat voel. Die omgewing, veral die rivier en Prinspoort, is asemrowend mooi en daar is heerlike staproetes. Ons hondekinders het dit baie geniet en ons kon elke dag in die heerlike plonspoel afkoel. Ons het heerlik ontspan en uitgerus. Baie dankie, Lilian! Prinspoort is hoogs aan te beveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Ons is verheug dat julle jul verblyf hier by ons in die magiese Klein Karoo geniet het en dat ons julle bietjie kon bederf. Ons glo dat as jy eenmaal die vrede en stilte van die unieke wêreld kon ervaar, jy altyd weer sal wil terugkom. Annelie, Gavin en Suzelle, julle is voortreflike gaste en julle sal altyd welkom wees by ons!

Prinspoort Klein Karoo Stay
Anél Potgieter P - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anél Potgieter P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lieflike wegbreek van die gejaag.

Pragitge plek. Alles was perfek. Ligging, netheid, pragtige dekor, en linne is 5 sterre. Lieflik ingerig met klein plonspoel. Lianda was 'n fantasties gasvrou. Haar skaapskenkel en piekniek is uit die boeke. Ons kom een van die dae weer terug. Dankie vir alles.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

Anel, dit verskaf my groot plesier as die gaste hulle verblyf hier geniet. Ek het nooit besef voordat ek die gastehuisies geopen het dat bykans elke gas `n vriend word nie. En my deur staan altyd oop vir my vriende.

Prinspoort Klein Karoo Stay
Luthrine P - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Luthrine P
Gesin met klein kinders

Eland-huisie.

We were greeted with such friendly hospitality from the owners upon arrival. The most delicious treats left on the beds and a yummy basket with homemade bread, jams and cheese in the kitchen to welcome guests. The cottage offers breathtaking views of the mountains and has everything you need for a break away from the busy city life. Everything was neat and clean. The owners truly go over and above to ensure your stay is memorable. We will definitely be back again! Don't forget to meet Choppie on the farm, the only sheep that won't become a choppie!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Prinspoort Klein Karoo Stay se terugvoer

We are so glad that you enjoyed your stay on the farm and that we could introduce the little ones to the lambs and horses. Our dream is to create a space for our guests which they can enjoy and where they can soak in the magic of the Klein Karoo. Thank you for being considerate guests who left Elandhuisie immaculate after your stay. We would love to host you again on the farm.

Prinspoort Klein Karoo Stay
Vanaf
R1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Kruitfontein, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6c9a30292482d903aed2a50afb339c353e5d035d0378f50c6af16e074abc6e5eb9a9f1f2763bc8ca9b8ad2592d4652aa455f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4) 19 5 1 5 Kruitfontein Farm Ladismith 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.529256624419 20.855029311738