LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by R & A Leisure | LekkeSlaap
+29

R & A Leisure

  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Droogekloof 69, Droogekloof, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R240 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

R & A Leisure is buite Bela-Bela in Limpopo geleë en bied 'n verskeidenheid akkommodasie en doendinge vir oordeelkundige natuurliefhebbers, gesinne, vriende en diegene wat net 'n bietjie alleen wil wees.

Gaste kan heerlik op die wandelpad deur die inheemse bos stap en hulself verkyk aan die voëllewe en die kleinwild. Gaan koel lekker af in die seekoeiswembad, geniet 'n drankie by die Bela Cruz-kroeg, en 'n potjie pool, -tafeltennis of veerpyltjies in die ontspanningsaal. Heelwat doendinge, soos krieket, sokker, "rounders" en 'n springkasteel, is beskikbaar vir die jongspan. En daar is ook nog 'n opblaas-swembad vir die peuters.

Stap oor na die boma en maak 'n potjie op die kole, of pak jou hout op een van die 8 braaiplekke en wys vir almal wie die braaikoning is. Hout, vuuraanstekers, braaipakke en meer is beskikbaar by die snoepwinkel. Die oord bied natuurlik ook 'n verskeidenheid peuselgeregte wat in die Rizzler Kitchen voorberei word.

Ons het safari-tente, kampeerplekke, 'n gastehuis en snoesige huthuisies. Al die safari-tente staan onder skadubome en elke tent bied slaapplek vir 2 persone. Besoekers is natuurlik welkom om hul eie tente en karavane saam te bring (die karavaanstaanplekke het water en elektrisiteit). Dan is daar ook nog 3 houthuisies wat elkeen slaapplek vir 2 persone bied. Bedlinne en breekware word voorsien vir die tente en hutte.

Besoekers wat in die tente en huisies tuisgaan of kampeer het toegang tot die nabygeleë ablusiegeriewe (warm water is beskikbaar). Die vroue se ablusieblok is toegerus met 'n privaat stort, privaat badkamer, 2 wasbakke, 2 toilette en muurproppe. En die mans se ablusiegeriewe bestaan uit 2 privaat storte, 2 wasbakke, 2 toilette en daar is ook muurproppe. Moet ook nie vergeet van die Bela Cruz-kroeg en die ontspanningsaal nie.

Die lodge het 3 dubbel-suites en die gastehuis het 'n volledig toegeruste kombuis met toebehore, breekware eetgerei, en 'n eetkamer en sitkamer. Ons maak ook voorsiening vir troues (daar is 'n kapel), verjaardagpartytjies, familiefeeste, spanbougeleenthede en konferensies. Volledige beplanning en spyseniering kan gedoen word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 35 resensies vir R & A Leisure
Netheid
4.3/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Droogekloof 69, Droogekloof, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink R & A Leisure het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf R240
per nag (plek vir 2)
Vanaf R240
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Droogekloof 69, Droogekloof, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk4OWM5YmYyLWYwMjYtNGRjOC04YTQxLTc2NWQxZjlmNTAxZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R240  per nag (plek vir 2) 35 5 1 5 69 Droogekloof Droogekloof 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -24.871079933652 28.151295036077
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!