Redlands Hotel
- Kapasiteit: 44 persone
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George MacFarlane-laan 1, Wembley, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Redlands Hotel is in die gesogte noordelike voorstad van Wembley geleë in die hart van die pragtige Redlands Estate. Dit is ideaal geleë, 5 minute van die middestad en al die geriewe af, en die hotel se rustige atmosfeer laat jou wonder hoe KZN se hoofstad net bietjie meer as 'n klipgooi weg is.
Die hotel het 12 Deluxe Kamers, 2 Library Suites en 4 Premier Suites. Die kamers is of op die eerste of op die tweede vloer van die oorspronklike hotel geleë of op die grond en eerste vloer van die nuwe vleuel wat in 2007 voltooi is. Al die kamers is pragtig toegerus. Veral die Premier en Library suites spog met pragtige uitsigte oor die boomtoppe en het private sitkamers of studeerkamers.
Alle gaste het toegang tot, of koordlose, of ADSL-internet, waarvan die gebruik komplimentêr is. Lugversorging, Tv's met sekere DStv-kanale en direkte skakeltelefone kom almal standaard saam met komplimentêre tee- en koffiestasies. Beperkte kamerdiens is van 11:00 - 22:00 beskikbaar.
Etes by Redlands is 'n ervaring opsigself. Of jy by die Blue Room Restaurant eet, 'n vinnige ete in die klubkamer of banketete in die Redlands Room geniet, daar is iets om in almal se smaak en behoeftes te voorsien. Die Redlands Club Room en Blue Room is oop vir die publiek vir ontbyt, middag- en aandetes. Bespreek asseblief vooruit om teleurstelling te voorkom.
Redlands Hotel spog met twee toegewysde konferensie-venues. Afhangende van die sitplekreëlings, kan die Redlands Room 50 afgevaardigdes akkommodeer in skoolkamer-styl en 80 afgevaardigdes in 'n teater-uitleg. Die Redlands Room is naby die hoofhotel geleë en toegerus met 'n dienskroeg, satellietkombuis en ablusiegeriewe, wat die venue toelaat om onafhanklik te wees. Die nuwe bykomstigheid van 'n onderdak-veranda voltooi die venue as 'n uitstekende konferensie-venue.
Die raadsaal is ideaal vir kleiner funksies. Die standaard samestelling is U-vormig waar 15 afgevaardigdes gerieflik kan sit; dit kan op versoek aangepas word. 'n 50 cm platskerm-TV bied moderne oudiovisuele fasiliteite om jou funksie te verbeter. 'n Aangrensende ontvangsarea voltooi die venue.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Swembad
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Rekenaar Netwerklewering
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Hayley Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- George MacFarlane-laan 1, Wembley, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Redlands Hotel het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wembley Pietermaritzburg KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 44 mense
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George MacFarlane-laan 1, Wembley, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang