Rest Valley Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rest Valley Guest House is op 'n kleinhoewe aan die buitewyke van Piet Retief, 'n skilderagtige dorpie in Mpumalanga.

Die plaas bied 'n rustige wegbreek met pragtige uitsigte weg van die stad se gewoel. Die kleinhoewe grens aan 'n wildskamp met takbokke, blesbokke, volstruise, springbokke en waterbokke. Daar is genoeg speelplek vir kinders.

Die gastehuis bied verblyf in 1 losstaande eenheid met pragtige uitsigte oor die perseel. Rest Valley Gastekamer het 2 enkelbeddens, 'n slaapbank en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n yskas, ontbyttoonbank en braaigeriewe. Rest Valley Lappa het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens.

Rest Valley Lapa is ideaal vir 'n gesin en het 'n kombuisie en braai-area wat geskik is vir basiese selfsorg, terwyl die gastekamer slegs tee- en koffiemaakgeriewe het. Daar is veilige parkeerplek op die perseel, asook staanplek vir karavane en bote.

Rest Valley Guest House is stapafstand van Spur, Pick 'n Pay, Gallito's, Pizzalito's, Mugg & Bean on the move en Sunrise Coffee Shop.

Piet Retief is 'n gewilde bestemming onder voël-entoesiaste, en daar is baie voëls op die staproetes te sien. Gaste kan gholf speel in die omgewing, dit is op die hoofpad na Swaziland, asook Sodwana en St. Lucia.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rest Valley Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za