Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rietmondspoort

Gastehuis
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: R27, Rietmondspoort Plaas, 50 km vanaf Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rietmondspoort is 'n lieflike gasteplaas in die Karoo en is net 50 km vanaf Calvinia. Hierdie gasteplaas bied 'n wye verskeidenheid verblyfopsies en is 'n wonderlike opsie vir óf 'n paartjie, 'n klein gesin óf 'n groot groep vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek.

Hierdie gasteplaas bied die keuse van 'n kothuis met slaapplek vir 4, 'n gestruktureerde kampeeropsie met 3 karavane óf 'n plaashuis met slaapplek vir 18 gaste. Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer, die kampeerplek sluit 3 karavane in en gaste maak gebruik van 'n gedeelde badkamer. Die plaashuis beskik oor 5 slaapkamers en 2 badkamers.

Die kothuis het 'n kombuis wat met 'n induksieplaat toegerus is. Gaste in die 3 karavane deel 'n kombuis met 'n tweeplaatstoof en die plaashuis het 'n volledig toegeruste kombuis met 'n Aga-stoof, gasstoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe.

Boonop het die kothuis 'n binnebraai, terwyl die ander 2 opsies albei buitebraaigeriewe bied. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Daar is ook 'n wye verskeidenheid voëls en diere op die plaas.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • R27, Rietmondspoort Plaas, 50 km vanaf Calvinia, 8190, Noord-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: R27, Rietmondspoort Plaas, 50 km vanaf Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeaa8654164bcecfb8150975389933231e9719a3727e110325a1307ff39af4aa7e1fd9fa2302287cd15763ad466553a8cc52f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense R27 Rietmondspoort Farm 8190 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -31.288531967726 20.151844773061
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem