Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Riva Resort

  • Kapasiteit: 48 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R359, Louisvale, Upington, 8800, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Riva Resort skuil op die oewer van die Oranjerivier net buite die skilderagtige Kalahari-dorpie, Upington. Kom ervaar asemrowende sonsondergange, 'n sterbespikkelde Afrika-naghemel, 'n rustige plaasatmosfeer en die fluistering van Moeder Natuur terwyl jy saans om die vuur op die voorstoep sit.

Die landgoed bied luukse verblyf met selfsorggeriewe. Daar is dubbel- en gesinskamers, elk met sy eie privaat ingang en 'n patio met braaigeriewe. Dit maak Riva Resort die ideale toevlugsoord vir groepe, reünies, konferensies, troues en ander funksies.

Gaste het toegang tot 'n TV met DStv, 'n swembad, speelpark vir kinders en visvanggeriewe. Voëlkykers sal bederf word met 20 voëlspesies en wild besoek saans die gras tussen die chalets, so hou gerus hierdie besonderse besienswaardigheid dop.

'n Heerlike ontbyt en aandete word vanaf 'n a la carte-spyskaart in die restaurant bedien.

Riva Resort en sy vriendelike personeel is gereed om gaste in die hartjie van die Groen Kalahari te verwelkom en te trakteer - alles teen bekostigbare tariewe.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Nagportier
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Bertie C
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik en bekostigbaar. Baie netjies en beslis bekostigbaar en ek hou daarvan dat die plek buite die dorp is.
Jun 2024
Suretha G
Saam met lewensmaat
5.0
Riva Resort sal élke keer ons oornagstop wees in Upington! Dankie. Heerlik gebly by Riva Resort wat soos plaas voel met al die diere, water en die ent...
Sien meer
Apr 2024
Elmarie V
Gesin met klein kinders
5.0
Ons het baie lekker geslaap. Sal definitief weer daar oornag wanneer ons op reis. Ons het die stilte geniet.
Apr 2024
Desmond P
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was fantiesties en 'n baie rustige atmosfeer met fantastiese wegneemetes. Sal beslis weer 'n draai by Riva wil maak gedurende die somertydperk en ...
Sien meer
Jun 2023
Christa M
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, veilig en perfek geleë. Wat 'n pragtige groen oase, rustig en 'n heerlike restaurant.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Marna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • R359, Louisvale, Upington, 8800, Noord-Kaap
  • Gaste dink Riva Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 48 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R359, Louisvale, Upington, 8800, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAan1H2PaTe7lxTtfpSyI1JFzxWWTpbQih9O2iDJIY50k0jgWtu7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 41 5 1 5 R359 Louisvale 8800 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.526687 21.200982

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang