Hartbeespoort Akkommodasie by Rivendell House | LekkeSlaap
+25

Rivendell House

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heronweg 65, Westlake Country and Safari Estate, Hartbeespoortdam , 0216, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rivendell House bied gerieflike B&B-verblyf in een van Hartbeespoort se mees eksklusiewe landgoed, waar gemsbokke, njala's en springbokke rond wandel.

Rivendell bied gerieflike verblyf ideaal vir gesinne en paartjies wat na 'n lekker wegbreek smag. Dié losstaande vierslaapkamerhuis is 'n nuwe perseel op die waterfront en het 'n swembad, sandput, trampolien vir die kinders en 'n braai-area.

Dit spog met 'n groot oopplan-onthaalarea met DStv Explora en 'n DVD-speler, sitkamer met lugversorging en 'n verwarmer en 'n eetkamer. Die oopplan-kombuis het 'n ontbyttoonbank en 'n ruim opwaskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser.

Die huis het 4 slaapkamers. Die eerste 3 slaapkamers is almal op die boonste verdieping en het slaapplek vir 6 volwassenes. Die vierde slaapkamer is op die onderste verdieping en het slaappek vir 2 tot 4 kinders.

Daar is 3 slaapkamers op die boonste verdieping en elkeen het 'n koninggrootte-bed. Elke kamer het ook 'n volledige en suite-badkamer, lugversorging met 'n verwarmer en groot skuifdeure met 'n asemrowende uitsig oor die dam. Daar is ook 'n platskerm-TV met DStv en 'n DVD-speler in elke kamer en Netflix in 2 kamers.

Daar is ook 'n kot, personeelkamer en muurbalrakette met balle wat gebruik mag word mits 'n deposito betaal is.

Die landgoed het ook 24 uur-toegangsbeheer en patrollie. Die veilige strate laat kinders toe om lekker fiets te ry en daar is speelgronde met 'n omheinde swembad. Daar is ook 'n 'mashie' gholfbaan, bergfietsryroetes en 'n vlugbalbaan. Besoekers kan verskeie wild gewaar op die landgoed vanaf baba gemsbokke tot die skaars swart springbok en vele meer. Daar is ook ander doendinge soos visvang en voëlkyk.

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir Rivendell House
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • Heronweg 65, Westlake Country and Safari Estate, Hartbeespoortdam , 0216, Noordwes
  • Gaste dink Rivendell House het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heronweg 65, Westlake Country and Safari Estate, Hartbeespoortdam , 0216, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAoQHHyl9SMKTiE0Tb2D1euSsoK3xvrP1LBvfJwRXbB1MT0fDbiM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 65 Heron Road Westlake Country and Safari Estate 0216 Noordwes 086 999 0018 13:00-16:00 10:00 -25.767055 27.803126
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za