LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Riversford | LekkeSlaap
+28

Riversford

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riversford-plaas, Tierpoort, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Riversford is 35 km suid van Bloemfontein geleë en is die ideale oornagverblyf. Dit is naby die N1 op pad Kaap toe, 2,2 km vanaf die bekende Tom's Place en ook naby die Tierpoortdam.

Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede, naamlik die hoofhuis, 'n stoepkamer en die kothuis. Die hoofhuis het slaapplek vir 4 gaste. Daar is 'n koningingrootte-bed in die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het sy eie badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak in die een badkamer en 'n stort, toilet en 'n wasbak in die hoofslaapkamer se en suite-badkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n ketel vir tee en koffie. Die eenheid het ook 'n TV-area waar gaste heerlik kan ontspan.

Die tuinkothuis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is een badkamer in die eenheid wat 'n stort, toilet en wasbak het. Daar is 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe in die kothuis.

Die stoepkamer lei na die stoep, maar is privaat van die res van die huis. Daar is slaapplek vir 2 gaste. Die eenheid het 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook koffie- en teemaakgeriewe.

Kom geniet die lieflike atmosfeer op Riversford en rus lekker vir die res van die reis wat voorlê.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 14 resensies vir Riversford
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Riversford-plaas, Tierpoort, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Gaste dink Riversford het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vrystaat
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riversford-plaas, Tierpoort, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhhNDEyYmMwLWM5ZTEtNDNjNC04NTBiLTMyNGM0ODBiMDUxMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 2) 14 5 1 5 Riversford Farm Tierpoort 9300 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.398580805425 26.118852496147
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!