+21
Selfsorg in Knysna

Riverside Home

10 gaste

4 slaapkamers

7 beds

4 badkamers

  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Red Bridge Road, Knysna, 6571, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Riverside Home is 'n groot, moderne selfsorghuis wat ideaal is vir 'n gesinsvakansie in die Knysna Rivierlandgoed wat 'n entjie stroomop van die Rooibrug af geleë is. Die landgoed is omhein en daar is baie min verkeer so kinders kan lekker fietsry in die strate. Verder kan gaste rustig na Knysna fietsry op die sypaadjie of op stil grondpaaie.

The Verge is omtrent 'n bestemming! Dié groot grasveld langs die Knysnarivier het pragtige natuurskoon en gaste kan rustig sonbaai, swem of kano's op die rivier roei. Die huis is omtrent 30 meter van die rivieroewer af, so dis sowaar op jou drumpel.

Riverside House bestaan uit 2 ruimtes. Die eerste bevat die hoofslaapkamer met 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en toilet, die kombuis, eetkamer, sitkamer en leefareas. Die tweede ruimte beslaan 2 dubbelslaapkamers, 1 met 'n en suite-badkamer, 'n stapelbedkamer en 'n badkamer met 'n stort en aparte toilet.

Gaste sal by die hoofhek verwelkom word deur Richard, die huisbestuurder. Hy sal vir julle die huis wys en ook die sleutels oorhandig.

Daar is 'n hele rits restaurante in Knysna wat omtrent 15 minute se ry weg is. Die meeste eetplekke is by die Knysna Waterfront. Daar is nie enige openbare vervoer naby die huis beskikbaar nie, so gaste moet 'n motor hê. Tog is dit ook moontlik om met fietse dorp toe te ry. Gaste kan by een van die vele kruidenierswinkels in die dorp inkopies doen. Daar is heelwat gewilde strande wat 20 tot 40 minute se ry van die huis af geleë is. Dit sluit die strande by Buffelsbaai, Brenton on Sea, Look-out, Robberg en Plettenbergbaai in.

Let daarop dat die huis 'n rugsteunsonkragstelsel en batterye het in geval van beurtkrag.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Richard Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Red Bridge Road, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Riverside Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 600
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 600
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 5 600
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Red Bridge Road, Knysna, 6571, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlNjVjNzk1LTI1YmUtNGE1YS1iY2VjLTU3ZTNjMjYxMjM1ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 600 per nag, vir 10 mense 13 5 1 5 Red Bridge Road Knysna 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.012111033802 23.014552295208
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang