Rivierkamp @ Boe-Boe's Nest
8 gaste
2 slaapkamers
7 beds
1 badkamer
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Bankddrift Farm, Bankdrift, Koster, 0348, Noordwes Sien kaart
Beskrywing
Rivierkamp @ Boe-Boe's Nest is tussen Swartruggens en Koster geleë en grens aan die Elandsrivier. Dit is 23 km vanaf Koster, die naaste dorp, en is 'n voëlkyker se paradys met 'n bietjie wild op die perseel wat rooibokke, blesbokke, koedoes, njalas en bosbokke insluit.
Dié grasdakhouthuisie bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, ketel, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 6.
Daar is 'n boma- en braai-area met buitesitplek en 'n uitsig oor die rivier. 'n Gemeenskaplike swembad is beskikbaar
Daar is 'n sirkelstaproete van sowat 3 km waar gaste die kloof kan uitklim en die Elandsrivier oorsteek. Daar is ook uitstekende visvangplekke met karp, brasem, baars en tilapia. Gaste kan ook hul bergfietse saambring en die area verken. Hierdie verblyf spog ook met 'n gratis putt-putt-baan en tafeltennisgeriewe. Veilige parkeerplek word vir voorsien.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Louise Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 96
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Bankddrift Farm, Bankdrift, Koster, 0348, Noordwes
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Bankddrift Farm, Bankdrift, Koster, 0348, Noordwes
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang