Robert Lodge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 20 km vanaf die R380, Robert Lodge and Guest Farm, Kalahari, 8640, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R5 520 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Robert Lodge is 'n selfsorgplaas met 'n familiegeskiedenis in die hartjie van die Kalahari. Dit is ideaal vir gesinne wat wil wegbreek uit die stad se gewoel.
Die eenheid beskik oor 4 slaapkamers met lugversorging. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die ander 3 slaapkamers het elk 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer. Twee van hierdie badkamers het slegs 'n stort en die derde badkamer het 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die groot lapa het eet- en kombuisgeriewe en sluit 'n toonbank met sitplek vir 6 en genoeg sitplek rondom die kaggel en ingeboude braai in. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus.
Gaste kan van die gemeenskaplike swembad en ander geriewe op die perseel gebruik maak.
Slaapplek
’n Bespreking by Robert Lodge sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ligging
- 20 km vanaf die R380, Robert Lodge and Guest Farm, Kalahari, 8640, Noord-Kaap
Sien meer verblyf in Kalahari Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 20 km vanaf die R380, Robert Lodge and Guest Farm, Kalahari, 8640, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom