Cast Away @ Romansbaai
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 8 Jul 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oystercatcher-weg 340, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 200R2 800 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Cast Away @ Romansbaai is op 'n redelike nuwe en luukse landgoed sowat 6 km buite Gansbaai. Die huis is nuut gebou in 2023 en bied asemrowende uitsigte oor die fynbos. Die huis is gebou in die vorm van 'n vierkant met 'n grasperk en verhitte swembad in die middel van die vierkant. Die huis beskik oor 'n oopplan-leefarea met groot vensters en skuifdeure wat na alle kante van die huis kan oopmaak.
Hierdie smaakvolle huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, elkeen met sy eie en-suite badkamer. Die oopplan-leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 10 en 'n ingeboude braai. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n koffietafel en 'n TV.
Gratis WiFi is beskikbaar. Die huis bied direkte toegang tot 'n privaat strand, met verskeie watersportsoorte soos staandplankry en swem. Die landgoed spog ook met wild soos springbokke, elande en sebras wat vrylik rondloop tussen die huise. Die landgoed is veilig, omhein en het 24 uur-sekuriteit. Gaste kan op die landgoed stap of draf.
Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en-suite badkamer met 'n lieflike bad, groot instap-dubbelstort met skuifdeure wat kan oopmaak na buite met 'n uitsig oor die fynbos. Die hoofslaapkamer het ook groot glasskuifdeure aan beide kante wat oopmaak na buite. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n groot instapstort, toilet en 'n wasbak. Hierdie kamer het ook groot glasskuifdeure wat kan oopmaak na buite. Die laaste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en-suite badkamer met 'n groot instapstort, toilet en wasbak. Hierdie kamer het ook groot glasskuifdeure wat kan oopmaak na buite. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Nagportier
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Sanmarie Geverifieer
Eiendomme 21
Resensies 24
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Oystercatcher-weg 340, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Cast Away @ Romansbaai het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oystercatcher-weg 340, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap