Kaapstad Akkommodasie by Rondekuil Estates | LekkeSlaap
+35
+35

Rondekuil Estates

5 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 000 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malanshoogte Pad, Durbanville, Kaapstad, 7551, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Rondekuil Estates is net 10 minute se ry vanaf Durbanville en 25 minute se ry van die hartjie van Kaapstad af. Die landgoed word omring deur golwende heuwels en dit bied asemrowende uitsigte op die Boland se berge en skilderagtige Tafelberg.

Rondekuil Estates bied gerieflike en privaat verblyf in 9 eenhede.

Leeulaagte bestaan uit 2 huise in Kaapse Koloniale styl en elkeen het 'n ruim patio waar gaste kan ontspan terwyl hulle asemrowende uitsigte op die swembad, dam, tuin, platteland en die rivier geniet. Elke huis beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die kombuis is toegerus met graniettoonbanke, 'n yskas, mikrogolfoond, binnenshuise braai, tweeplaatstoof, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is 'n beskutte braaiplek en swembadarea tussen die twee huise.

Die Rondawel is met 'n Afrika-tema ingerig en dit bied slaapplek vir tot 6 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die ander 2 slaapkamers deel 'n gesinsbadkamer. Die rondawel het 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamerarea asook 'n ontspanningskamer op die tussenverdieping.

Die Old Farm House-eenheid bestaan uit 2 selfsorgwoonstelle. Daar is 'n patio met uitsigte oor die tuin en die platteland. Hierdie woonstelle, wat ook troeteldiervriendelik is, word gewoonlik vir medium- tot langtermynverblyf bespreek, maar is ook beskikbaar vir korttermynverblyf.

Country Lodge 1 het 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer en 'n groot oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer. Daar is 'n knus kaggel waar gaste op koue winteraande kan opkrul. Die eenheid het ook 'n balkon met lieflike uitsigte oor die wingerde. Dit het 'n grasperk met 'n heining aan die agterkant waar die jongspan kan speel en vir troeteldiere.

Country Lodge 2, 3, 4 en 5 het elkeen 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Al die eenhede het patio's met lieflike uitsigte.

Bykomende geriewe en dienste sluit 'n daaglikse skoonmaakdiens, TV's met DStv en gratis WiFi vir alle gaste in.

Ons konferensiegeriewe is geskik vir tot 180 afgevaardigdes, so dis ideaal vir klein troues, partytjies of spanbousessies.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 5 resensies vir Rondekuil Estates
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Malanshoogte Pad, Durbanville, Kaapstad, 7551, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rondekuil Estates het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malanshoogte Pad, Durbanville, Kaapstad, 7551, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQyOTBjMjkwLTIyMDEtNDNlOC1hNmI0LTI1ZmQzOGJlNzc1OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 5 Malanshoogte Road Durbanville 7551 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.734432652751 18.611203079224
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za