Oos-Vrystaatse Hooglande Akkommodasie by Roodepoort Farm Self-Catering | LekkeSlaap
+39
+39

Roodepoort Farm Self-Catering

  • Vanaf R600 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Roodepoort Plaas, S205-pad, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Onder kwaai donderwolke en vertikale sandsteenkranse, boer ons met Angus-beeste en verbou boontjies, sojabone en mielies op Roodepoort Plaas net buite Clarens. Dit is hier waar ons 2 warm kothuise gebou, gerestoureer en opgeknap het aan weerskante van die statige, eeu-oue plaashuis. Elke Vrydagaand is daar 'n stofwolk wat na Roodepoort lei van die groot stad af, met koelbokse, opgewonde kinders op agtersitplek en gretige mense wat graag vriendskappe wil vorm en verhoudings wil aanwakker.

Daar is 3 volledig toegeruste selfsorgkothuise beskikbaar asook 1 ekstra rondawel wat nie toegerus is vir selfsorg nie en slaapplek bied vir 2 mense. Rook is verbode in al die eenhede, maar gaste mag wel buite rook. Sigaretstompies moet veilig weggegooi word in die asbakke of vullisblikke wat ons voorsien aangesien hierdie omgewing as 'n hoë risiko-area geag word vir veldbrande. Die water uit die fontein is veilig om te drink en daar is selfoon-ontvangs by ons. Onthou asseblief om jou eie flitslig, Tabard (insekweerder), tweepuntkragprop, vuuraanstekers en vuurhoutjies saam te bring.

Jy kan hope pret hê in 'n Johannesburg-minuut, maar daar is sekere goed wat jy ongelukkig nié binne die stad se perke kan doen nie, en dit is juis wat ons jou bied! Ons bied vele doendinge soos staproetes, voëlkyk- en fotografie-geleenthede en hier kan jy ontspan en die prag en kalmte van 'n plaas ervaar. Jy mag dalk 'n blesbok, duiker, rietbok, reebok, eland, jakkals of bobbejaan gewaar.

Alle eenhede kan bereik word met 'n sedan-motor, tensy dit baie modderig is. Daar is 'n fietsryroete om die berg van 20 km en 'n 5 km-lange bergklim-uitstappie wat jy mag aanpak op eie risiko.

Die streek is asemrowend met grotte, damme en ander fantastiese landmerke, so oud soos die aarde, wat deur tyd en die elemente blootgelê en afgeweer is.

Hou asb. op die paaie en los die hekke soos jy hulle gevind het (oop of toe). Indien jy graag die Weber-braai wil gebruik, moet jy asb. jou eie houtskool en vuuraanstekers saambring. Hout word slegs vir 1 aand voorsien. Neem asseblief ekstra sorg wanneer jy 'n vuur maak in die ingeboude braai-area as dit winderig of droog is. Clement, ons werknemer op die plaas, is beskikbaar om skottelgoed te was en die beddens op te maak teen 'n ekstra koste. Jy kan hom sommer direk betaal.

Hier aanvaar ons jou nes jy is. Daar is geen reëls ten opsigte van kleredrag nie, maar daar is wel 'n paar plattelandse reëls wat hier geld. Moenie met die bul mors nie, hy kan nogal kwaai raak. Moenie vergeet om die hek toe te maak nie. Bly asseblief weg van die boontjies. As dit groen is en stoom, moet asseblief nie daarin trap nie. Respekteer alle diere en dinge, maak nie saak hoe klein of groot nie. Moenie met vuur speel nie en onthou om jou herinneringe te koester!

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 23 resensies vir Roodepoort Farm Self-Catering
Netheid
4.7/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Roodepoort Plaas, S205-pad, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Roodepoort Farm Self-Catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Roodepoort Plaas, S205-pad, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhmZDg0MDNmLWI1ZjUtNGUyOS1hMjJkLTVkNDkwZWRkZTYyZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 23 5 1 5 Roodepoort Farm S205 Road 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-21:00 11:00 -28.427141 28.482286
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za