RRoar George
8 gaste
4 slaapkamers
4 beds
5 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 17 Maalgate Street, Monate Eco Estate, Herolds Bay, 6529, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
RRoar George is 'n selfsorgvakansiehuis op Monate Eco Estate in die kusdorpie Heroldsbaai in die Wes-Kaap. Hierdie verblyf is 'n ideale keuse vir familie en vriende wat op soek is na 'n ruim huis met panoramiese see-uitsigte.
Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers met en suite-badkamers. Die eerste 3 slaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed en 'n kaggel. Die eerste slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, dubbelstort, wasbak en toilet, terwyl die tweede en derde badkamer elkeen slegs 'n stort het. Die vierde slaapkamer dien ook as die studeerkamer en het 'n dubbelslaapbank wat geskik is vir 2 volwassenes. Dit het ook 'n en suite-badkamer met 'n wasbak en toilet. Daar is ook 'n buitestort. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n groot etenstafel en 2 leefareas met gemaklike sitplek waar gaste kan ontspan. Die leefarea langs die eetarea beskik ook oor 'n kaggel. Die leefareas het elkeen vensters en deure wat strek van die vloer tot die plafon, sodat gaste die see-uitsig regdeur die eenheid kan geniet. WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n swembad, veilige parkeerplek op die perseel, 24 uur-sekuriteit op die landgoed en verskeie natuurwandelpaaie. Dié verblyf is naby die plaaslike strand en George is sowat 20,3 km ver waar gaste verskeie plaaslike winkels en restaurante sal vind.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 17 Maalgate Street, Monate Eco Estate, Herolds Bay, 6529, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
17 Maalgate Street, Monate Eco Estate, Herolds Bay, 6529, Wes-Kaap
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang