Saints View 415

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Saints View 415 is 'n selfsorgwoonstel wat in die nuwe Saints View-tyddeelontwikkeling in die hartjie van die Hibuskuskus in KwaZulu-Natal geleë is. Saints View is stapafstand vanaf Uvongo se gewilde hoofstrand met sy prentjiemooi strandmeer. Die meeste van die eenhede bied pragtige see-uitsigte.

Saints View 415 het slaapplek vir tot 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitarea.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg. Die sitarea het lugversorging wat met koopkrag werk en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitarea en hoofslaapkamer lei na 'n groot balkon met ingeboude braaigeriewe.

Hierdie luukse oord het 'n minigholfbaan met 18 putjies, 'n klimraam en 'n pragtige, sprankelende swembad. Veilige kelderparkeerplek is ook beskikbaar op die perseel.

Kom kuier by die gewilde Water World in Wild Coast Sun, Mac Bananas net 5 km voor Port Edward, Lake Eiland, en geniet 'n plaaslike bootrit op die see.

Slaapplek

'n Bespreking by Saints View 415 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Saints View 415 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za