Salem Farmhouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

As die stad jou teen die mure uitdryf, sal hierdie wegbreekplek met jou siel praat! Ons bied die ideale oornagverblyf vir dié wat na of van Botswana reis.

Ervaar die pragtige kombinasie van bosveld met 'n tikkie van die nostalgiese Salem Farmhouse se sagte en rustieke afwerkings.

Verfris jou verstand en siel met dié wonderskone plek, of verken die bergagtige area van Noordwes deur sy perdry-, voetslaan- en bergfietsry-roetes. Daar is wonderlike voëlkykgeleenthede vir voëlliefhebbers. Dit is die ideale venue vir 'n familiebyeenkoms waar gaste kwaliteittyd saam kan spandeer. Geniet ons braai-area of die warmte van ons leef- en eetkamer gedurende daardie koue wintersnagte. Ervaar die sterre op 'n donker aand of die volmaan soos jy dit nog nooit ervaar het nie.

Die plaashuis het 'n hele aantal slaapkamers (sommige met en-suite badkamers) en gesinseenhede; almal maak op die ruim veranda oop. Die prys per persoon sluit 'n vol plaasstyl-ontbyt in die gemeenskaplike eetarea in. Eenvoudige tradisionele aandetes is op versoek op 'n spyskaart beskikbaar. (Moet 'n week voor die inklokdatum bespreek word.) 'n Braai-area is beskikbaar. Bring jou eie vleis en drankies. Hout en vuuraanstekers kan op die perseel gekoop word. Mieliepap, sous en 'n mengelslaai kan voorsien word. (Moet 'n week voor die inklokdatum bestel word.)

Daar is 2 gemeenskaplike eetareas, sowel as 'n aparte selfsorg-kothuis beskikbaar. (Dit is tydelik nie beskikbaar nie as gevolg van opknappingswerk.)

Ons is sowat 40 km wes van Rustenburg, op pad na Botswana (N4), en 50 km van Sun City en Pilanesberg Natuurreservaat.

Herstel jou liggaan, kop en siel in ons stukkie paradys, wat ons graag met jou deel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Salem Farmhouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R720 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]