Delareyville Akkommodasie by Salty Waters BnB | LekkeSlaap
+15

Salty Waters BnB

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 65 General Delarey Straat, , Delareyville, 2770, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Salty Waters B&B is geleë in Delareyville waar die warm son helder en met mening op jou skouers skyn. Die hitte word darem elke dan en wan gebreek deur die stromreën wat weer die plek afkoel.

Ons bied 10 kamers elk met 'n dubbelbed asook en suite-badkamer. In die kamers is daar ook 'n yskassie, DStv, lugversorging, koffiemasjien, lessenaar en strykplank. Rook is verbode in die kamers. Ons bied 'n skoonmaak- en klerewasdiens, dis toeganklik vir rolstoele en daar is veilige parkering.

Baberspan Bird Santuaries word gesien as een van die grootste bewaringsplekke vir watervoëls in Suidelike Afika. Daar is 2 000 ha van watergebied wat deur RAMSAR geakkrediteer is. Laasgenoemde aksentueer ook die belangrikheid van die area vir watervoëls en voëls wat migreer. Die bewardingsgebied is geleë aan die buitewyke van Delareyville en is ook naby aan Vryburg. Dis ongeveer 3 ure se ry vanaf JHB.

Baberspan vorm deel van 'n reeks panne wat aan die fossielbed van die Hartsrivier lê. Hierdie pan, wat sowat 600 m wyd en 1 550m lank is, is binne-in die bewaringsgebied geleë. Meer as 12 000 voëls en meer as 365 voëlspesies was al hier opgemerk. Daarom is die plek ook 'n baie gewilide besoekplek vir voëlliefhebbers. Van die voëls wat jy hiert sal sien sluit in flaminke, pelikane, duikers, seeswaweltjies, reiers, kraanvoëls, ibis en grootreiers, en talle eendspesies. Daar is ook ander spesies.

Die area is ook gewild vir visvang en talle visvangkompetisies word hier gehou. Kamp word langs die oewer toegelaat en daar is ook talle voetpaaie. Die bewaringsgebied is daagliks oop vanaf 06:00 - 18:00.

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 1 resensie vir Salty Waters BnB
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • 65 General Delarey Straat, , Delareyville, 2770, Noordwes
  • Gaste dink Salty Waters BnB het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Delareyville Noordwes
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 65 General Delarey Straat, , Delareyville, 2770, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1898e2e8c59dc93a658b847651d65115fddc51bcaf5b975e83bd6f1be38151d76fddcd470fcbad0951be2c147e20459bce1c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 4 65 General Delarey Street Delareyville 2770 Noordwes 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -26.682434932862 25.458433628082
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za