San Lameer Villa 2008
4 gaste
2 slaapkamers
2 beds
1 badkamer
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Lower South Coast Road, San Lameer Villa 2008, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
San Lameer Villa 2008 is op die San Lameer-landgoed aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë. Hierdie paradys van tropiese voëls, wild, fauna en flora is perfek vir die hele familie. Dit spog ook met 'n 18 putjie-kampioenskap-gholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 lieflike Blouvlagstrande.
Die woonstel het lugversorging en bied slaapplek aan 4 volwassenes met 1 kind onder 6 jaar. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n enkelbed vir 'n kind. Die badkamer het 'n bad, toilet en wasbak.
Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n toonbank met stoele waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel met 'n platskerm-TV teen die muur, 'n vol DStv-pakket en onbeperkte WiFi.
Die leefarea lei na 'n stoep met 'n eetstel en 'n draagbare braai waar gaste buite kan sit en kuier. Die stoep op die boonste verdieping het 'n praguitsig oor die meer. Die woonstel is naby die hotel, winkels, biblioteek, swembad en muurbalbane.
Daar is ook 'n draagbare 500 W-kragstasie wat rugsteunkrag aan die televisie en WiFi tydens beurtkrag bied, maar ondersteun nie hoëladingstoestelle nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 96
Resensies 490
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Lower South Coast Road, San Lameer Villa 2008, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 2008 het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Lower South Coast Road, San Lameer Villa 2008, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang