LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by San Lameer Villa 2608 | LekkeSlaap
+18

San Lameer Villa 2608

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa 2608, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 800 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

San Lameer Villa 2608 is op die San Lameer-landgoed aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Hierdie subtropiese paradys is ryk aan wild, fauna, flora en voëls en bied iets vir die hele gesin. Dié 200-hektaar natuurbewarea spog met 'n kampioenskap-gholfbaan met 18 putjies, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant, kroeg, luukse villas en bied direkte toegang tot 2 asemrowende Blouvlagstrande.

Die villa het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers met lugversorging, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Twee van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Twee van die badkamers het storte en die derde badkamer het 'n bad.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitarea het 'n gemaklike rusbankstel en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met buitemeubels en draagbare braaigeriewe.

Slaapplek

’n Bespreking by San Lameer Villa 2608 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Swem

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Ligging

  • R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa 2608, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa 2608, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7138124aedd587537aeef5181a72da55cbcea2fedfeeaba53c56d5ec30ee2d24258b93e5fe7e002f7dd1865fe0ca4cdebd9e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 800  per nag (plek vir 8) R61 San Lameer Estate San Lameer Villa 2608 4277 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -30.9433351 30.2949959
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!