Sanlameer Akkommodasie by San Lameer Villa 2707 | LekkeSlaap
+18

San Lameer Villa 2707

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa 2707, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 775 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

San Lameer Villa 2707 is op die San Lameer Landgoed aan die suidkus van KwaZulu-Natal geleë. Dit is 'n subtropiese paradys met wildlewe, fauna, flora en voëls en bied iets vir die hele gesin. Die 200 hektaar-natuurreservaat spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 ongelooflike blouvlagstrande.

Dié villa met lugversorging het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Beide badkamers het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorgdoeleindes en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetkamer het sitplek vir 6 mense en die sitkamer het 'n gemaklike bank met 'n platskerm-TV en sekere DStv-kanale.

Die leefarea bied toegang tot 'n pragtige balkon wat buitemeubels en braaigeriewe het.

Slaapplek

’n Bespreking by San Lameer Villa 2707 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Ligging

  • San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa 2707, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 775
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 775
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa 2707, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAAmvqpy9X5ufKDIPhsGlFEEy0UjwNoccaBiCBrvaVNwWCUrqumy?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 775  per nag (plek vir 6) R61 San Lameer Estate San Lameer Villa 2707 4277 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-22:00 10:00 -30.9433351 30.2949959
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za