8 gaste
4 slaapkamers
5 beds
3 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - R61, Sanlameer Estate, San Lameer Villa, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
San Lameer Villa 2812 is 'n selfsorgvilla op die San Lameer Estate. Dié subtropiese paradys skuil aan die Suidkus van KwaZulu-Natal en is die tuiste van wild, fauna, flora en voëls. Die natuurbewarea van 200 hektaar spog ook met 'n kampioenskapgholfbaan met 18 putjies, 'n hotel met 'n spa, restaurant, kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Die villa het lugversorging en bied slaapplek aan 8 gaste. Dit beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die ander 2 slaapkamers het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die ander badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Verder is daar 'n wasmasjien en tuimeldroër vir gaste se gerief. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste en lugversorging. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n tafeltjie, 'n TV en WiFi.
Die skuifdeur lei na 'n stoep met 'n gemaklike sitkamerstel, 'n tafeltjie, ingeboude braai, 'n etenstafel met sitplek vir 5 gaste en 'n uitsig oor die tuin. Gaste het ook toegang tot 'n gemeenskaplike braai-area op die landgoed.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 96
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- R61, Sanlameer Estate, San Lameer Villa, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 2812 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
R61, Sanlameer Estate, San Lameer Villa, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang