San Lameer Villa 2843
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Bo en behalwe die tariewe in die tabel hieronder, hef die instansie ook 'n eenmalige R 500 administrasiefooi per bespreking.
Prys sluit in
- San Lameer Villa 2843
- Selfsorg
Belasting en Ekstras
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1500 is betaalbaar, en sal binne 30 dae terugbetaal word minus enige breekskade en die toegangsfooi. Gaste moet asseblief hul bankbesonderhede voorsien wanneer hulle uitklok.
Daar is 'n administrasiefooi van R500 op alle besprekings.
Die balans moet 7 dae voor die inklokdatum betaal word.
'n Laat-uitklokfooi van R400 word van die breekskadedeposito afgetrek. Uitkloktyd is 10:00.
Neem asseblief kennis van die volgende heffings:
R30 per voertuig per dag vir die eerste 3 dae.
R100 per voertuig vir 4 tot 7 opeenvolgende dae.
R200 per voertuig vir 8 of meer opeenvolgende dae.
Die toegangsfooi per voertuig sal van jou terugbetaalbare breekskadedeposito afgetrek word. Dui asseblief met bespreking aan hoeveel voertuie jy gaan saambring sodat ons voorsorg kan tref vir toegangskaartjies.
Motorfietse en motorbote word nie op die landgoed toegelaat nie.
Let asb. op dat jy nie toegang tot die landgoed sal verkry mits jy die volle bedrag betaal het nie.
Gaan asb. die villa se inventaris na wanneer jy arriveer en meld enige breekskade by die kantoor by die hoofhek aan.
Geen troeteldiere word op die perseel toegelaat nie.
Gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke, vadoeke, toiletrol en seep saambring.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Die deposito sal nie terubetaal word as die bespreking gekanselleer word of as gaste voortydig vertrek nie, tensy 'n plaasvervangerbespreking vir dieselfde periode gevind kan word.
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R 1500 moet direk aan die instansie betaal word.
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Landgoed, San Lameer Villa 2843, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom