San Lameer Villa 2848

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

San Lameer Villa 2848 is op San Lameer Landgoed aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë. Hierdie subtropiese paradys is vol wild, plantegroei en voëlspesies en daar is legio doendinge vir die hele gesin. Die 200 hektaar-bewarea het ook 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 skilderagtige Blouvlagstrande.

Hierdie drieslaapkamer-villa bied slaapplek vir 6 mense en het 2 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer beskik elkeen oor 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die derde kamer. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Die villa het ook 'n kombuis, sitkamer en 'n eetkamerarea.

Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die eenheid het ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër vir ekstra gerief. Daar is sitplek vir 8 mense in die eetkamerarea en die leefkamer het ook gemaklike rusbanke en 'n TV met 'n volledige DStv-pakket. Die sitkamerarea bied toegang tot 'n beskutte patio met buitemeubels en braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by San Lameer Villa 2848 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer Villa 2848 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 550 R2 186 per nag (plek vir 6)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false