San Lameer Villa 2854
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 23 Mei 2024 tot 30 Jun 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
San Lameer Villa 2854 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op die San Lameer Estate aan die Suidkus van KwaZulu-Natal Natal. Hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls het iets om die hele gesin te bied. Die natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Dié villa het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke en suite-badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjienis. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv.
Die leefarea lei na 'n groot stoep met 'n tafel en stoele asook 'n ingeboude braai. Dit is die perfekte plek vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl jy die uitsigte oor die landgoed bewonder.
Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens ontspan waar daar 'n mooi uitsig is. San Lameer bied ook uitgestrekte lowerryke areas, tuine vir pieknieks, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 67
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal