San Lameer Villa 3404

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

San Lameer Villa 3404 is op die San Lameer-landgoed aan die KwaZulu-Natal se Suidkus geleë. Dit is 'n subtropiese paradys wat ryk is aan wild, fauna, flora en voëllewe, en bied vermaak vir die hele gesin. Hierdie 200 ha-bewarea spog met 'n 18 putjie-kampioenskap-gholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 manjifieke Blouvlagstrande.

Dié drieslaapkamer-villa het lugversorging, bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamers het albei 2 enkelbeddens. Dié kamers deel 'n aparte badkamer.

Die villa beskik ook oor 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en skottelgoedwasser. Die eenheid het ook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6, terwyl die sitarea gemaklike sitplek, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler bied. Die leefarea bied toegang tot 'n patio met buitesitplek en ingeboude braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by San Lameer Villa 3404 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer Villa 3404 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 R2 400 per nag (plek vir 6)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false