San Marina
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 07:00 - Adres: 50 Marina Rylaan, Marina Beach, 4281, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Marina is 'n selfsorg-dupleks wat in die fantastiese vakansiebestemming, Marinastrand, geleë is. Dit is slegs 50 m van die strand af.
Die huis het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n dubbelbed en 'n balkon wat uitsigte oor die see bied. Die tweede slaapkamer het 1 stapelbed en 1 enkelbed. Daar is 1 badkamer met 'n bad, toilet en wasbak, en dan nog 'n aparte toilet.
Die woonkamer het 'n TV, DVD-speler en DStv-skottel sou jy jou eie dekodeerder en slimkaart wou saambring. Die woonkamer bied toegang tot die patio met 'n braaiplek. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring. Daar is parkeerplek vir een voertuig.
Marinastrand het blouvlagstatus en bied ongelooflike wit strande en blou water. Die kuslyn bied verskillende doendinge soos visvang en duik. Die nabygeleë San Lameer Buiteklub bied 'n gholfbaan en 'n spa vir jou ontspanning.
Slaapplek
’n Bespreking by San Marina sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- 50 Marina Rylaan, Marina Beach, 4281, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Marina Beach Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 07:00 - Adres: 50 Marina Rylaan, Marina Beach, 4281, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom