Sandown Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sandown Lodge is 'n bekoorlike Georgiaanse gastehuis uit die 19de eeu wat sentraal geleë is in 'n pragtige omgewing direk oorkant Rondeboschpark. Die sentrale ligging maak ons die ideale bestemming vir sakereisigers, akademici en vakansiegangers.

Die lodge bied akkommodasie in 3 ruim dubbel-suites wat goed ingerig is. Elke suite het sy eie en suite-badkamer, satelliet-TV, gratis WiFi internet, 100% katoenperkallinne en goeie beddens met elektriese komberse in die winter. Daar is ook 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, mikrogolf en wasbak as gaste selfsorg verkies. Ons het ook ons eie watertoevoer vanuit 'n boorgat op die perseel.

Alle suites het 'n aparte, privaat ingang en veilige parkeerplek van die straat af. Al die suites het ook toegang tot 'n pragtige, afgesonderde tuin met 'n 180 jaar-oue eikeboom as fokuspunt. Die skadu van die boom en die mannewales van die eekhoringtjies op soek na akkers, maak dit die perfekte plek om vroegoggend ontbyt, tee in die middag of 'n braai in die aand daar te geniet. Die heilsame Kontinentale ontbyt is ingesluit by die tarief en kan in jou suite, of in die tuin of in die eetkamer voorgesit word.

Daar is slaapplek vir 2 addisionele gaste in die groter selfsorg-suites.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sandown Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za