Sandton Slippers B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sandton Slippers B&B bied gerieflike B&B-verblyf in Sandton. Ons is na aan Sandton City, Nelson Mandela Square en die Sandton Convention Centre. Alhoewel ons in 'n stil voorstad van Lyme Park is, is daar tog restaurante en vermaak-sentrums nabygeleë.

Die voorstad Lyme Park het 24 uur-toegangsbeheer. Die verblyf is ideaal vir sakereisigers. Daar is hoëspoed, gratis WiFi in elke kamer, platskerm LED-TV's met HD, HDMI, USB-koppelpunte, plaaslike kanale en M-Net. Daar is ook lessenaars en oorgenoeg kragproppe. Elke kamer is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe en 'n yskassie. Gaste het toegang tot 'n klein binnehof buite die kamer met tuinmeubels vir jou gerief. Gaste het ook toegang tot eetgerei, breekware en 'n mikrogolfoond in die eetkamer tot 20:30. Daar is noodligte in die geval van beurtkrag.

Die gastehuis het 4 standaardkamers met koningingrootte-beddens, 1 eksklusiewe kamer met 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n volledig toegeruste eenheid met 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Jou gashere, Andre en Dina, het 'n passie vir die B&B-industrie. Hulle bly op die perseel en kyk dat alles reg verloop. Gaste kan 'n Engelse ontbyt geniet wat voorberei en voorgesit word deur Andre en Dina.

Sandton Mediclinic en St Stithians College is albei minder as 3 km van ons af. Pick n Pay on Nicol is na aan ons en Bryanston is slegs 6 km weg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sandton Slippers B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za