Sandy Bay 12B
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Dunbar Street, Sandy Bay 12B, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R1 825 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Sandy Bay 12B is 'n bekoorlike, stylvolle woonstel net 'n entjie van Bloubergstrand se strand af. Hierdie selfsorgwoonstel spog met 'n uitsig op Tafelberg en is in 'n stil area naby geriewe in die area.
Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die gedeelde badkamer.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus en daar is 'n ontbyttoonbank met stoele. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien. Die balkon het sitplek.
Die woonstelkompleks is veilig en daar is 'n gemeenskaplike swembad, braai-area en genoeg ruimte dat gaste sosiale distansiëring kan toepas.
Bloubergstrand het alles vir 'n lekker strandvakansie ? 'n strand, restaurante, 'n opwindende naglewe en dit is 'n gerieflike area om in te bly as jy die Kaapse middestad of die Weskus met sy pragtige kusdorpies, wynplase en die Weskus Nasionale Park wil besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 790
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 14 Dunbar Street, Sandy Bay 12B, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Sandy Bay 12B het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Dunbar Street, Sandy Bay 12B, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang