Oos-Vrystaatse Hooglande Akkommodasie by SANParks Basotho Cultural Village Rest Camp | LekkeSlaap
+30
+30

SANParks Basotho Cultural Village Rest Camp

5 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R945 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 72 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R712, Golden Gate Highlands Nationale Park, Phuthaditjhaba, 9869, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Slegs 20 km oos van die Golden Gate lê die Basotho Cultural Village, ’n egte juweel van dié noordelike nasionale park. Gaste kan hier meer leer van die tradisionele lewens van die Basotho-stam, wat al vir eeue in die area woon en wat ’n nabye verwantskap met die stamme in Lesotho het. Die pragtige, kleurvolle Basotho-hutte en die mense in tradisionele rokke sal enige besoeker bekoor, en gaste het selfs die geleentheid om die stamleier te ontmoet en die tradisionele bier te proe.

Daar is ’n halfuur-toer deur die dorpie waar gaste musikante sal hoor speel of tradisionele geneeshere te werk sien gaan. Die unieke litema, die eksterne versiering op die huise, is steeds sigbaar in Lesotho en die Vrystraat se platteland.

Loer by die kuriowinkel in wat plaaslike matte, mandjies en strooihoede verkoop wat als uniek is aan dié area en Lesotho.

Gerieflike, knus selfsorgverblyf word gebied, asook gemeenskaplike braaigeriewe. Wild wandel vrylik rond in die omgewing, en gaste kan die natuur geniet sonder om op ’n wildrit te gaan.

Die Basotho Cultural Village Rest Camp is slegs 55 km van Harrismith en die N3 af, en dis op die Maluti Drakenbergroete slegs 350 km van Pietermaritzburg af, 330 km vanaf Bloemfontein en 320 km van Johannesburg af. Die dorpie is slegs 42 km van die gewilde Clarens af, die toeriste-juweel van die Vrystaat.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 5 resensies vir SANParks Basotho Cultural Village Rest Camp
Netheid
4.4/5
Diens
3.6/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Langs die R712, Golden Gate Highlands Nationale Park, Phuthaditjhaba, 9869, Vrystaat
  • Gaste dink SANParks Basotho Cultural Village Rest Camp het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R945
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R945
per nag (vir 2 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R945
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 72 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R712, Golden Gate Highlands Nationale Park, Phuthaditjhaba, 9869, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAENCxWdRpyuAYvFVrsRhFdWwbjD5CK6Hi0v0VcKl2dcWIMi6zhr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R945  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 4 Off the R712 Golden Gate Highlands National Park 9869 Vrystaat 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -28.488694 28.743973
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za