Namakwaland Akkommodasie by SANParks Delwerskamp Coastal Camp Site | LekkeSlaap
+10
+10

SANParks Delwerskamp Coastal Camp Site

1 resensie
Kampeer/karavaan
  • Vanaf R178 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naby die N7, Namakwa Nasionale Park, 8241, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

SANParks Delwerskamp Coastal Camp Site is in die Namakwa Nasionale Park in die hartjie van die Karoo. Die park het baie uitgebrei en strek tans vanaf die bekende Skilpad-gedeelte naby Kamieskroon op die platorand weswaarts tot by die kus. Dis 'n landskap van kontraste met verskeie lewende wesens wat by die geharde klimaat aangepas het. Plate veldblomme, 'n helder sterrehemel, kokerbome, enorme granietrotse en die yskoue Atlantiese Oseaan is maar enkele van die natuurwonders in dié geweste.

Delwerskamp is teen 'n rotsagtige kuslyn met 'n pragtige strandjie net noord van die kamp. Die strande aan die noordekant is gewild onder stappers.

Die Delwerskamp Kuskampterrein is 'n eenvoudige kampplek wat met die natuur saamsmelt. Gaste moet alle benodigdhede saambring aangesien daar slegs basiese geriewe is. Die staanplekke het nie water, krag of ablusiegeriewe nie, slegs omgewingsvriendelike toilette. Daar is ook nie selfoonsein nie.

Hout is by die Groenrivierhek beskikbaar, maar gaste word nogtans aangeraai om hul eie hout saam te bring.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 1 resensie vir SANParks Delwerskamp Coastal Camp Site
Netheid
3.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Naby die N7, Namakwa Nasionale Park, 8241, Noord-Kaap
  • Gaste dink SANParks Delwerskamp Coastal Camp Site het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R178
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Namakwaland Noord-Kaap
Vanaf R178
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R178
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naby die N7, Namakwa Nasionale Park, 8241, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQW6kYpnK8chWci1Ii5mK2MDvKivPnF5Oe845USBz6mb39o5LLJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R178  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 Off the N7 Namaqua National Park 8241 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -30.825944444444 17.565722222222
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za