LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by SANParks Natures Valley Rest Camp | LekkeSlaap
+28

SANParks Natures Valley Rest Camp

  • Kapasiteit: 416 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nature's Valley, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6820, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R358 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

SANParks Natures Valley Rest Camp in die Tsitstikamma-streek van die Tuinroete Nasionale Park is in die De Vasselot Natuurreservaat op die oewer van die Grootrivier geleë. Dis sowat 30 km vanaf Plettenbergbaai en 40 km vanaf Storms River Rest Camp. Dié voëlkykersparadys bied verskeie dagwandelpaaie en gaste kan ook kanovaart, swem of seil geniet. Die Nature's Valley-strand is ook die ideale plek vir branderplankry, swem of net in die son ontspan.

Die Vasselot Rest Camp bied verblyf in 10 woudhutte wat elk 2 enkelbeddens het, en daar is ook standaard-driepunt-kragpunte. Elke hut het braaigeriewe. Die hutte deel ’n gemeenskaplike kombuis en ablusiegeriewe. Daar is ook 2 semi-losstaande chalets wat elk slaapplek vir 3 gaste het, asook hul eie badkamers, volledig toegeruste kombuis en leefarea.

Daar is 65 kampeerplekke wat omring is deur die inheemse woud. Al die kampeerplekke is in die skadu van die bome.

Die gemeenskaplike ablusiegeriewe het elektriese geisers. Daar is 2 muntaangedrewe-wasmasjien en tuimeldroërs is beskikbaar in die hoof-ablusieblok.

Daar is ’n winkel en restaurant en kroeg in die dorpie waar gaste basiese items kan koop. Gaste kan kanoes by ontvangs huur.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 12 resensies vir SANParks Natures Valley Rest Camp
Netheid
3.8/5
Diens
3.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • Nature's Valley, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6820, Wes-Kaap
  • Gaste dink SANParks Natures Valley Rest Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R358
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R358
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 416 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nature's Valley, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6820, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAliUTgX5bS0385NYhvvHtgmtgg1B7mpAvXJhe61hNowA6uyFeGr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R358  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 Nature's Valley Garden Route National Park 6820 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.9706812 23.56212843373
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!