SANParks Tatasberg Wilderness Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SANParks Tatasberg Wilderness Camp is in die Richtersveld Oorgrenspark naby die Oranjerivier geleë en is uit 'n verskeidenheid materiale gebou wat met die omgewing saamsmelt.

Tatasberg Wilderness Camp bied verblyf in unieke riethutte waarvan 1 rolstoelvriendelik is. Elke hut het 'n slaapkamer, badkamer en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n sonkrag-yskas, gasstoof, kookgerei, eetgerei en breekware toegerus. Die hutte het 12 volt-sonkragligte, maar paraffienlampe word ook voorsien vir in geval iets fout is met die ligte. Elke hut het 'n stoep met 'n tafel, stoele en braaigeriewe.

Neem asb. kennis dat die water by Tatasberg weens 'n hoë mineraalinhoud nie drinkbaar is nie. Gaste moet asb. hul eie drinkwater en vuurmaakhout saambring. 'n 4x4-voertuig met 'n hoë grondvryhoogte word vereis.

Kenmerke

  •  Afrikaans

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SANParks Tatasberg Wilderness Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R925 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za