Santorini Akrotiri 30
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean-rylaan 101, Shaka's Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 861 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Santorini Akrotiri 30 is 'n lieflike selfsorgwoonstel. Dit is stapafstand vanaf Thompson's-strand en Thompson's Bay-rotspoel wat dit ideaal maak vir gesinne met kinders wat op soek is na die perfekte seevakansie.
Die eenheid is op die tweede verdieping en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders. Dit beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat geskik is vir kinders. Gaste in hierdie slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n stort en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die eerste en tweede slaapkamer lei na 'n balkon met 'n see-uitsig.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n oopplan-leefarea met 'n etenstafel met 4 stoele. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale.
Die leefarea lei na 'n stoep met buitesitplek en 'n pragtige see-uitsig. Gaste het toegang tot die kompleks se geriewe wat 6 gemeenskaplike swembaddens, gemeenskaplike braaigeriewe, 'n walvisuitkykdek, klimraam, natuurwandelroetes en direkte toegang tot 2 aparte strande, wat toeganklik is via 'n trappe wat na onder lei, insluit.
Slaapplek
’n Bespreking by Santorini Akrotiri 30 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Ballito Accommodation Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 100+
Resensies 68
Maande gelys 10
Ligging
- Ocean-rylaan 101, Shaka's Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Shaka's Rock Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean-rylaan 101, Shaka's Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom