Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Santorini Unit N

Selfsorg
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 20 Mrt 2024 tot 2 Apr 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marinerylaan 99, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 435 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Santorini Unit N bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerwoonstel. Die woonstel het 'n lieflike see-uitsig en is in die Santorini-kompleks in die hartjie van Margate, net sowat 450 m van Margate se hoofswemstrand en 200 m van Margate se pier af. Die woonstel se ligging beteken dat daar talle restaurante, vermaakgeriewe en winkels in die omtrek is.

Die woonstel is in die voorste blok op die grondverdieping waar jy die woonstel binnekom, maar van die balkon se kant af is dit op die eerste verdieping. Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamer deel die tweede badkamer. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar.

Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus. Die sitarea het 'n TV met DStv. Daar is nie lugversorging nie, maar wel plafonwaaiers in die sitarea, hoofslaapkamer en tweede slaapkamer.

Gaste het ook toegang tot die balkon met sy stoepmeubels. Dit is die ideale plek om te ontspan en die uitsig in te neem. Die kompleks is veilig met afstandbeheertoegang en 24 uur-sekuriteit en dit het 'n gemeenskaplike swembad en braai-area.

Slaapplek

’n Bespreking by Santorini Unit N sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir Santorini Unit N
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Marinerylaan 99, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Santorini Unit N het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 435
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 435
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marinerylaan 99, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1cfb41b95e281d1fd7f97b06e6de712390701846af1e1bbf5ba3edb0b341207bd0471b2a780ebe49def5db2f2bd9eb09cb8b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 435 per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 99 Marine Drive Margate 4275 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-16:00 09:00 -30.864050771783 30.370444271164