Savoy Hotel Beaufort-West

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Savoy Hotel Beaufort-West is deel van die Savoy Hotel Group wat in privaat besit is. Dié nuwe erfenisboetiekhotel in Beaufort-Wes het voorheen as Queens Hotel bekendgestaan. Dis in 1894 gebou en onlangs opgeknap om 'n moderne leefstyl met die plaaslike geskiedenis te kombineer.

Beaufort-Wes is in die hartjie van die platteland en die gewilde Karoo geleë. Dié hotel is in die middedorp en naby die Ou Pastorie, Christiaan Barnard Museum en die N1-hoofweg.

Die hotel bied 'n keuse tussen gerieflike erfeniskamers met ou houtvloere, -deure en -rame. Dis ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers. Elke kamer het lugversorging, 'n kluis vir waardevolle items, tee- en koffiemaakgeriewe, satelliet-TV en gratis WiFi.

Die hotel het ook 'n retro Amerikaanse restaurant, Joe's Easy Diner, wat heerlike ontbyt, middagete en aandete bedien. Ligte peuselhappies en drankies is regdeur die dag beskikbaar. Die ontbyt bevat internasionale en plaaslike opsies van gebakte brood, rolletjies en gebak van die plaaslike bakkery en 'n verskeidenheid vrugte en jogurt.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Savoy Hotel Beaufort-West gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false