LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Sea Haven Unit 6 - Ballito | LekkeSlaap
+32

Sea Haven Unit 6 - Ballito

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Gizelle-weg, Seahaven Eenheid 6, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Sea Haven Unit 6 - Ballito, 'n selfsorgwoonstel in Ballito, is in een van die mooiste dele van die KwaZulu-Natal se kuslyn geleë en het ongerepte strande en warm water. Dolfyne baljaar in die branders en gaste kan heerlik swem, branderplankry of skubaduik saam met hierdie majestueuse soogdiere.

Die vierslaapkamer-eenheid het slaapplek vir 8 gaste. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en mikrogolfoond. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Die leefarea beskik oor 'n eetkamertafel en 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 'n TV met volledige DStv en 'n DVD-speler. Die leefarea het ook skuifdeure wat lei na die ingeslote patio-area met gasbraaigeriewe.

Die hoofstrand is naby en die eenheid is ook na aan verskeie kroeë en restaurante.

'n Basiese, daaglikse skoonmaakdiens is R180 ekstra per dag, en dit kan tesame met die breekskadedeposito van R3500 met aankoms betaal word. Dit is direk aan Sea Haven 6 betaalbaar via 'n elektroniese fondsoorplasing (EFT). Die basiese skoonmaakdiens sluit die opmaak van beddens, vee van vloere en bolangse skoonmaak van die kombuis en badkamers in. 'n Eenmalige R650-linnefooi is van toepassing op alle besprekings en dis nie ingesluit by die daaglikse tarief nie. Vir besprekings van 3 nagte of meer is 'n ekstra R650-linnefooi betaalbaar.

Rook is verbode in die woonstel en huurders moet die reëls van die kompleks nakom.

Slaapplek

’n Bespreking by Sea Haven Unit 6 - Ballito sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 10 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
3 xDubbelbed
2 xKindermatras vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 8 resensies vir Sea Haven Unit 6 - Ballito
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Gizelle-weg, Seahaven Eenheid 6, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Sea Haven Unit 6 - Ballito het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Gizelle-weg, Seahaven Eenheid 6, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAleCzNCbERErlIrQCcLAPifdAzaE284u2X08BqJ8pCt9k2SSP2H?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 8) 8 5 1 5 Gizelle Road Seahaven Unit 6 4399 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-17:00 09:00 -29.523814971457 31.22072249651
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!